Hierdie is ‘n ope brief aan my vriende en familie.
Ek voel asof ek die bad guy is. Die antogonis in ‘n fliek. Die streng juffrou met die lat.
Rêrig, maar ek doen dit oor ek voel dit is belangrik. Ek wil hê julle moet verstaan as ek julle die volgende vra:
Moenie vra dat my kind op jou skoot kom sit, of dat sy jou soen nie. Nee! Basta!
Dit laat my ongemaklik voel.
WAAROM DIE DRAMA
Laas week is ‘n ses-jarige dogtertjie in ‘n restaurant in Pretoria, Suid-Afrika glo verkrag deur ‘n vreemdeling. Dit was hartseer en het my vreeslik geraak.
Hierdie week: ‘n tien-jarige dogtertjie (ek dink ek het gehoor tien jaar oud) het in Johannesburg iewers vermis geraak nadat sy winkel toe was op ‘n Woensdag en die Vrydag is haar liggaam iewers dood gevind. Dit is so hartseer.
Ek dink aan hulle families. Ek dink aan elke familie wat soortgelyk iets soos dit moes deurmaak.
Sommige van die kinders wat die goed oorkom, ken nie hulle oortreder en dan is daar sommige oortreders wat familielede of vriende is.
Onlangs het ek weer op Twitter mense se stories gelees op die hashtag #WhyIDidntReportIt. Verskeie mense het op die betrokke hashtag gesê dat die oortreder van die seksuele geweld op hulle eintlik iemand was wat hulle ken.
Dit is so seer. Hulle wou nie die klag teen die oortreder lê nie, juis oor hulle familie die oortreder geken het.
HOE NOU GEMAAK
Nou moet ek myself vra: hoe gaan ek my kind inlig dat sy my moet sê sodra sy seergemaak word deur iemand wat sy ken? Hoe gaan ek haar inlig om haarself te beskerm teen ‘n moontlike oortreder, of hy of sy ‘n vreemdeling is, of hy of sy ‘n bekende aan ons is?
Moet ek haar leer om nie mense te vertrou nie?
My blogger-kollega, Shaveh Feder, het op haar blog byvoorbeeld 12 wenke gegee van hoe jy jou kind kan beskerm. Een van die wenke is dat almal in die motor dieselfde tyd uitklim (wanneer die volwassene gereed is) en hulle moet dieselfde kant van die motor waar die volwassense (ouer) uitklim, uitkom.
NIE ALMAL DOEN KWAAD
Ek het byvoorbeeld toe ek Baai toe trek, my lewe in ‘n vreemdeling se hande geplaas. Oom Charles, my voormalige kollega, het gereël dat ek verblyf in die Baai kry by ‘n vriendlike mens. Hy het ook aan my ouers belowe dat hy na my sal omsien en oor die jare wat ek daar gewoon het, het hy na my gekyk.
Alhoewel sout-van-die-aarde mense soos hy bestaan, verloor ons steeds ons vertroue in mense as ons daaglikse aaklige stories op sosiale media en die tradisionele media hoor. Ek moet aanhou helikopter-ma (iemand wat heeltyd haar oë op haar kind het), speel.
Ek moet nog steeds vir mense (al voel ek ek vertrou hulle hoe) sê: moet eerder nie my kind op haar mond soen nie; of ek wil nie hê my kind moet op jou skoot sit nie.
So my brief aan julle vra die volgende: verstaan tog waarvandaan ek kom. Verstaan tog al klink ek soos ‘n bad guy oftewel die party pooper, ek probeer maar my onskuldige kind beskerm.
En dit maak my baie ongemaklik as my kind op jou skoot sit en as jy wil begin soene uitdeel aan haar.
Verstaan tog kanalla!
Laat weet my, wat dink julle hiervan – los ‘n kommentaar onder.
😘😘
Baie dankie Melissa vir die boodskap. Ek glo nie daar is net een antwoord aan jou vrae nie. Alles wat jy gese het is waar, maar ek wil oor byvoeg dat daar baie mense is met wie onse kinders veilig is. Jyt ‘n voorbeeld gegee van die man in die baai. Vir een mens wat kwaad aan ‘n kind doen is daar een duisend mense met wie die kind veilig is. Nogsteeds moet ons die kind teen daai een bewaar. Die ander ding is dat ons kan nie onse kinders heeltemaal beskerm nie. Die kind moet sy eie lewe leef en somtyds die boos ervaar, en sy eie lesse leer. Dit klink reg maar wanneer ons onse kinders te veel beskerm, gee ons hulle ook nie die kans om hulle eie reis te maak nie. Volgens Abraham Lincoln No matter how tall your grandfather is, you will still do your own growing. Ek se nie jys verkeerd nie. Ek wys net die ander kant van die minstuk.
Jy het ‘n punt beet. Baie dankie vir die terugvoering. Ek waardeer dit.