Ek en manlief vier ons vyfde huweliksherdenking op 14 Desember 2018. Hoe sê hulle: jy (en jou partner) moet sewe sakke sout eet, of so iets.
Een ding wat ek besef het is dat ek byna elke dag iets nuuts leer oor my man. Rerig!
En nou die dag toe kyk ek ‘n YouTube video waar die akteur Will Smith sê hy het iemand gesien toe hy en sy vrou, Jada 17 jaar getroud is. Toe sê die persoon vir hom: julle ken mekaar nog niks!
Nietemin, hier is vyf dinge wat ek uit my huwelik geleer het:
- Moenie aanneem nie (Don’t make assumptions), veral as dit kom by huistake doen. Moenie vir jou partner dink nie en moenie dink hy (of sy) kan jou gedagtes lees nie.
- Sommige van sy (of myne) besluite mag gebasseer wees op sy agtergrond/ hoe hy groot geword het/ sy geskiedenis.
- Kommunikasie is baie belangrik.
- Jy sal altyd iets nuuts leer oor jou man (of vrou) – of dit uit sy verlede is of ‘n nuwe ding is in sy (of haar) lewe.
- Dis belangrik om na jouself om te sien (om ‘n breek te neem) en ook om jou partner toe te laat om tyd te neem vir homself.